Your Recipe Blog

BASIESE WIT- EN ROSYNTJIEBROOD IN DIE BROODMASJIEN

BASIESE WIT- EN ROSYNTJIEBROOD IN DIE BROODMASJIEN

Hierdie resep werk baie goed in die Salton Broodmasjien.

  • Basiese witbrood:
  • 280 ml koue water
  • 1 eetlepel (15 ml) suiker
  • 1 teelepel (5 ml) sout
  • 30 ml olie
  • 3 koppies koekmeel
  • 7.5 ml kitsgis

Plaas bestanddele in die broodmasjien in die volgorde soos bo genoem.
Stel die broodmasjien op die volgende funksies: “Basic” en “Start”
Na 3 ure is daar ‘n heerlike vars brood.

Resep en foto: Jacqui Conradie

  • Rosyntjiebrood:
  • 280ml koue water
  • 3 eetlepels olie
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • ⅓ koppie suiker
  • 1 ½ teelepel sout
  • 2 ¼ teelepel kitsgis.
  • ¾ koppie rosyntjies (halveer indien dit groot rosyntjies is)
  • 1 teelepel gemengde sitrusskil, opsioneel

Plaas bestanddele (sonder rosyntjies en sitrusskil) in die broodmasjien in die volgorde soos bo genoem.
Stel die broodmasjien op die volgende funksies: “Basic” en “Start”
Wanneer broodmasjien die eerste keer beep, voeg rosyntjies en sitrusskil by.

Hierdie brood proe soos “Hot cross buns”.

Resepte en foto’s: Jacqui Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5