BASIELIEKRUIDPESTO BROODJIES
“Ekt gistraant vir ons ‘n heerlike basilpesto broodjie gemaak in my rooipannetjie oppie kole. Dit was djeeeeerlik.”
- 2 hande vol vars basieliekruidblare, uit my tuin
- ½ koppie parmasaankaas, gerasper
- ½ koppie olyfolie
- ½ koppie amandels of amandelvlokkies
- sout en gemaalde swartpeper, na smaak
- 6 snye brood
Voeg alles, behalwe die brood, in ‘n voedselverwerker en verpulp die mengsel.
Stop by tye en krap alle rante skoon en bymekaar tot dit mooi egalig verpulp is tot ‘n gladde tekstuur.
Verwyder die broodkorsies van die snye brood.
Rol die snye brood plat met ‘n koekroller.
Smeer die pesto ruim op die broodjies en rol dit styf toe.
Bak die rolletjies in ‘n pannetjie op die kole in vlak olie aan alle kante tot mooi goudbruin.
Resep en foto: Gideon Louw