Your Recipe Blog

BAR ONE POEDING

Cook: 8 - 9 minute | Servings: 4 - 6 porsies

BAR ONE POEDING

Resep en foto: Amanda Austen

  • Beslag:
  • 2 Bar One sjokolades, in klein blokkies gesny
  • 250 ml bruismeel
  • 250 ml suiker
  • knippie sout
  • 60 ml kakao
  • 5 ml vanilla geursel
  • 250 ml warm water
  • 1 eier
  • Sous:
  • 2 Bar One sjokolades
  • 250 ml vars room
  • Meng die droë bestanddele saam en roer die Bar One stukkies by.
  • Meng die eier, water en vanilla saam.
  • Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng goed deur.
  • Spuit ‘n mikrogolf bak van ongeveer 15 cm x 20 cm, met kleefwerende kossproei.
  • Skep die mengsel in die bak en mikrogolf die beslag vir 8 – 9 min op hoog.
  • Toets met ‘n toetspen of die poeding deurgaar is.
  • Meng die sousbestanddele in ‘n potjie en verhit dit op die stoof tot gesmelt.
  • Wanneer die poeding uit die mikrogolf kom, giet die sous oor die poeding.
  • Bedien met room of roomys.
  • Nota: Indien jy die poeding in die oond bak, 25 – 30 minute teen 180ºC.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page