Your Recipe Blog

BANOFFEE TERT

BANOFFEE TERT

  • 1 pakkie gemmer beskuitjies
  • bietjie gesmelte botter (gewoonlik so 80 – 100 ml)
  • 1 blikkie karamel kondensmelk
  • 3 eetlepels Sherry
  • 3 piesangs
  • 1 houer (250ml) “dessert cream”
  • gold dust (opsioneel)
  • karamel springmielies

Maak die beskuitjies fyn en meng met die gesmelte botter.
Skep dit in ‘n glasbak en druk effe plat met ‘n lepel.
Meng die karamel kondensmelk en Sherry saam.
Klits tot romerig en skep bo-op die gemmer krummels.
Neem die piesangs en sny in fyn skyfies en pak op karamel.
Klop die room tot styf en skep op die piesang.
Ek het afgerond met gold dust en karamel springmielies.
Plaas in koelkas vir tenminste 30 minute of meer.

Resep en foto: Michael Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5