BALKANESE BOONTJIESOP
- 2 pakke gespikkelde of witboontjies in water geweek oornag
- 3 groot uie, gekerf
- 1 teelepel paprika
- 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
- sout en peper na smaak
- 3 loerierblare
- 2 blokkies aangemaakte hoenderaftreksel
- 1.2 – 1.8 kg gerookte eisbein
- 2 eetlepels olie of botter
- 2 eetlepels “beef tallow” of Holsum vet
- 2 eetlepels koekmeel
- 125 ml suurroom of gewone jogurt
Spoel die boontjies af en plaas in ‘n groot pot bedek met genoeg water.
Bring tot kookpunt en verlaag die hitte, prut vir ongeveer 1 ½ uur tot net sag. Dreineer die water af.
Braai uie in olie tot gekaremaliseer. Plaas loerierblare, paprika en knoffel by en braai nog so 1 min.
Plaas die boontjies by die uie in die pot en bedek met aftreksel en water.
Voeg die Eisbein heel by met vel en al. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte tot medium laag.
Laat prut tot die Eisbein se been maklik uitrek.
Haal die vleis uit en versnipper rofweg die vleis, voor dit weer terug gaan in die pot.
Proe en voeg sout by indien nodig. Voeg peper na smaak by.
Maak nou ‘n “roux” met die vet en koekmeel en voeg ‘n paar lepels sopvloeistof by tot ‘n dikkerige sous vorm.
Plaas die “roux” in die sop en laat prut tot effens verdik.
Nota:
Die “roux” moet effens bruin verkleur in die pan, maar nie brand nie.
MOET NIE SOUT VOOR DIE TYD BYVOEG NIE.
Die Eisbein is geneig om baie sout te wees.
Bedien die sop met vars suurdeeg brood en ‘n lepel vol suurroom of jogurt by.
Resep en foto: Franco Dippenaar