BAKPOEIER PANBROOD
- 500 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 125 ml suurmelk / Amazi / karringmelk
- 5 ml sout
Sif droë bestanddele en meng met suurmelk.
Verhit ‘n dikboompan wat met olie gesmeer is. Draai hitte bietjie laer.
Druk helfte van mengsel in pan en braai vir 10 min baie stadig.
Draai om en braai aan ander kant. Maak seker dat dit gaar is en herhaal met res van die deeg.
Nota:
Die deeg kan ook in ‘n ysterpot of -pan op kole gaargemaak word.
Resep: Petro Calitz
Foto: Natasha Prinsloo