BAIE MAKLIKE GROENVYE
Goeienaand, ek het toe my laaste groenvye gekook sonder dat ek die vye in gebluste kalk laat lê het.
- 1 kg vye
- 1 kg suiker
- 7 koppies water
- 1 stuk gemmer
- kaneelstokkie
- roosmaryn of 3 heel naeltjies, opsioneel
- Oplossing gebluste kalk:
- 25 ml gebluste kalk
- 4 liter water
- Soutoplossing:
- 25 ml sout
- 2.5 liter water
Belangrik:
Maak oplossing aan, laat die kalk afsak, gebruik die helder water van die oplossing. Anders vorm ‘n wit lagie op jou vye wat jy moeilik afwas.
Laat vye oornag lê in gebluste kalk oplossing of sout.
Spoel die vye die volgende oggend goed af. Kook vinnig in kokende water vir 10 – 15 min.
Gooi in koue water. Dreineer goed. Maak nou die kruisie in elke vy.
Gooi in kokende stroop. Kook totdat sous effens verdik. Los oornag in stroop.
Pak flesse vol vye. Vul met sous. Ek bottel dit koud.
Nota:
Ek verkies kalk, maar myne was op en ek’t sout gebruik.
As jy ‘n dikker sous verkies, gebruik die verhouding.
1 koppie suiker op ½ koppie water
- Dunner sous:
- 1 kg vye
- 8 koppies suiker (1 kg)
- 7 koppies water (1.25 l water)
- Dikker sous:
- 1 kg vye
- 10 koppies suiker
- 5 koppies water
Die kookproses van hierdie dikker sous is heelwat korter agv hoë suiker konsentraat. Kan gou sandsuiker.
Ek gebruik sous wat oorbly bo-oor tuisgebakte soetbrode of heerlik in Patats.
Resep en foto: Tiesie Jansen van Rensburg