BAIE LEKKER FUDGE
- 8 koppies suiker
- 1 blikkie kondensmelk
- 250 g margerien
- 2 koppies vars melk
- 1 eetlepel gouestroop
- ¼ teelepel kremetart
- 1 eetlepel asyn
Plaas al die bestanddele behalwe die asyn in groot kastrol.
Meng baie goed en roer aanhoudend op lae hitte tot die suiker opgelos is, draai hitte hoër en hou aan met roer tot mengsel begin kook.
Wanneer jy druppels in koue water toets en dit balletjies vorm en mengsel begin verkleur haal van stoof af.
Eerder bietjie langer kook as te kort.
Klits die mengsels tot dik en dit aan kante begin vassit.
Voor die mengsel te dik is, klits 1 eetlepel asyn by.
Keer uit in ‘n rolkoek pan of vlak oondpan. Sny blokkies voor heeltemal koud.
Dit is baie fudge en so heerlik dit smelt in jou mond.
Resep geplaas deur Cecilia van Huyssteen
Foto: Anmarie Watney