Your Recipe Blog

BABA PORTABELLINI SAMPIOENE BYKOS

BABA PORTABELLINI SAMPIOENE BYKOS

Ek het gister hier op die platteland gekry wat seker al lankal in stede beskikbaar is – baba portabellini knopie sampioene, nou wat sal ek maak met dit????
Sal ek dit op ”n stokkie sit, soos ‘n kebab of krummel sampioene maak, maar ek bietjie styf en seer, toe vat ek ‘n vinnige opsie.  Dit is heerlik as ‘n geurige bykos by eierpasta en kort kort het ek een in die mond, hoop daars oor vir my kids.

  • 2 pakkies baba portabelinni sampioene, afgevee met handoekpapier
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 1 eetlepel regte botter
  • 1 eetlepel olyfolie
  • aromat en varsgemaalde swartpeper
  • vars suurlemoensap

Plaas die bestanddele buiten die suurlemoensap in ‘n pan en braai tot gaar.
Wanneer dit uit die pan gehaal word, plaas dit in ‘n bakkie en druk ‘n bietjie vars suurlemoensap oor.
Dit is werklik heerlik.

Resep en foto:  Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page