Your Recipe Blog

AVOKADO KAASKOEK

AVOKADO KAASKOEK

Ek het altyd verby die een geblaai tot vandag wat ek besluit het om dit te probeer en “mense” dit is regtig heerlik, ek beveel hom regtig aan. Ek het die kaaskoek bedien met vars vrugte wat ek baie klein gesny het en net bo-op geskep het. Ek het wit en swart druiwe, spanspek en pynappel gesny, ‘n paar rooi kersies vir kleur en bietjie vars vrugte sap oor die vrugte gegooi. Die kaaskoek het pragtig gestol, ek het 2 teelepels gelatine ekstra bygesit, want ek het bietjie meer avo en roomkaas gebruik. Probeer hom gerus,  julle gaan aangenaam verras wees.

  • 250 g tennisbeskuitjies fyn gemaak
  • 100 g botter
  • 1 pakkies “lime jelly” of enige groen jellie
  • 100 ml kookwater
  • 750 g roomkaas  (cream cheese)
  • 2 groot ryp avokado’s fyn gemaak
  • 15 ml suurlemoensap
  • Bessies, avokado en kiwi’s of enige vrugte van jou keuse (opsioneel)
  • 2 teelepels gelatine opgelos in bietjie water (opsioneel)

Meng koekies en botter. Druk in losboom pan en bak 5-8 min by 180ºC.
Los jellie op in kookwater. Meng avokado, roomkaas en suurlemoensap by jellie.
Skep bo-oor koekies en los oornag om te stol.
Maak koek los uit pan en versier met vars vrugte voor bedien word.

Resep – Dini Redgard
Foto en aanpassing: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page