Your Recipe Blog

AVOKADO EN MOZZARELLA SLAAI

AVOKADO EN MOZZARELLA SLAAI

  • 2 Mozzarella balle of gewone blok Mozzarella
  • 2 ryp avokado’s
  • 3 – 4 eetlepels suurlemoensap
  • 3 groen grasuie (spring onions)
  • 1 – 2 rooi rissies, ontpit en fyn gesny OF rooi soetrissie
  • 3 – 4 eetlepels wit wynasyn
  • 2 teelepels balsamiek asyn
  • 1 teelepel mosterd
  • knippie suiker
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 4 – 6 eetlepels olyfolie
  • 2 – 3 eetlepels fyn gesnipperde basiliekruid (basil leaves)
  • basiliekruidblare vir garnering

Sny mozzarella in dun skywe.
Sny avokado in halwes en sny in dun wiggies.
Sprinkel suurlemoensap onmiddellik oor.
Was en sny grasuie in ringe.
Meng die asyn met mosterd, suiker, sout en peper en klits in die olie.
Roer in fyn gesnipperde basiliekruid.
Rangskik die mozzarella en avokado netjies, oorvleuend op ‘n groot bord.
Sprinkel met rissies/rooi soetrissie en spriet uie.
Sprinkel die slaaisous oor.
Versier slaai met basiliekruidblare.

Resep en foto: Sonja Myburgh

Nota:
Onthou sit die avokado’s in bietjie kookwater met skil en al, haal na 1 minuut uit en laat heeltemal afkoel voor jy dit skil, dan bly dit pragtig groen. Mens kan ook die gesnyde skyfies onder koue water afspoel, dit help ook – Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page