AVOKADO EN MANGOSLAAI
Ons het eendag gevra vir slaai idees by ‘n braai, toe het Stef Conradie hierdie gegee, sommer so as ‘n idee. Ek het dit toe gemaak, en daar is regtig nie ‘n resep nie, mens pak maar soveel van alles op die bord as wat jy wil. Dit is regtig lekker en kleurvol, dankie vir die idee Stef.
- 1 avokado, gesny in dun skyfies
- 1 mango, gesny in dun skyfies
- roket en blaaislaai, gemeng
- 1 pakkie spek, in blokkies gesny en gebraai
- Feta, in klein blokkies gesny
Pak die blaaislaai en roket bietjie kleiner gebreek op ‘n mooi bord.
Pak die skywe avokado en mango op die blaarslaai, ek het dit al in die rondte gepak en dit wat oorgebly het in klein blokkies gesny en in die middel van die sirkel gesit.
Strooi dan die spek blokkies oor en laaste die feta blokkies.
Ek het so bietjie swart peper oor gemaal en geen slaaisous was nodig nie.
Regtig lekker en iets anders.
Resep idee: Stef Conradie
Foto: Rina Kleinhans