AVOKADO DOOPSOUS ALA BENHET
Resep: Benhet Nieuwenhuis
Foto: Rina Kleinhans
- 2 koppies ryp avokado stukkies
- 125 ml mayonnaise
- 50 ml suurlemoensap
- 5 ml sout
- 1 ml swartpeper
- 1 knoffelvingertjie, fyn gekap
- 1 klein uitjie, opgekap
- 1 ml paprika
- 5 ml suiker
- ½ teelepel Aromat
- Plaas al die bestanddele in ‘n versapper en versap tot dik en romerig.
Nota:
Ek het gevind die “dip” proe die volgende dag nog beter!!! baie lekker!
Vanessa Richards
Ek maak dit ook so net sonder suiker. Ek gebruik soms ‘n bietjie wit uie sop poeier daarin en los vir ‘n half uur voordat ek dit gebruik. Soms sit ek ‘n sprinkelkjie Worcestershire sous ook by vir extra smaak.













