Your Recipe Blog

ASPERSIE TERT

ASPERSIE TERT

  • Kors:
  • 1 koppie koekmeel
  • 3 teelepels strooisuiker
  • 125 g botter / margarien
  • Vulsel:
  • 15 g botter / margarien
  • 25 g koekmeel
  • 250 ml melk of 250 ml melk en aspersiewater gemeng
  • 3 ml sout
  • 1 ml rooipeper
  • 2 eiers, geskei
  • 1 koppie gerasperde Cheddar
  • 2 blikke (460 g) aspersies, sny in stukkies, maar hou so 3 of 4 heel vir versiering

Kors:
Meng droë bestanddele en vryf botter / margarien in tot mengsel krummelrig is. Voer gesmeerde tertbord uit deur die deeg in die tertbord of foeliebak vas te druk, om ‘n kors te vorm.

Vulsel:
Smelt botter / margarien en roer meel by. Roer melk (mengsel) by en prut so 3 min (roer aanmekaar) tot witsous verdik. Verwyder van hitte en roer sout en peper by, dan aspersie stukkies en kaas en laaste die geklopte eiergele. (volg die volgorde anders skif jou vulsel, omdat die sous te warm gaan wees vir die eiergele.)
Klits eierwitte styf en vou by die aspersie mengsel in.
Skep vulsel in die kors.
Bak dit 10 min lank teen 200°C.
Stel dan die oond laer en bak nog 10 – 20 min by 180°C.

Nota: 
Moenie ‘n te diep terbord gebruik nie anders sukkel die tert om in die middel te stol, eerder bietjie groter en vlakker.

Resep en foto: Anna Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5