Your Recipe Blog

ASPERSIE- EN SAMPIOENSOUTTERT

Recipe by
Cook: 1 uur | Servings: 2 middelslag terte

ASPERSIE- EN SAMPIOENSOUTTERT

Resep en foto: Petra Venter
“Moes nou vinnig iets aanmekaarslaan vir ‘n funksie. Het toe hierdie staatmakerresep van my gemaak. Ek het my souttert met aspersies en sampioene gemaak. Vinnig, maklik en lekker. Die basiese resep maak een klein souttert. Dit is ‘n heerlike resep. Geniet.”

  • BASIESE SOUTTERT
  • 125 g ham of weense worsies fyngekap (of selfs Bully Beef)
  • 125 g gerasperde kaas
  • 1 koppie melk
  • 2 eiers
  • 1 teelepel mosterd
  • 1 eetlepel fyn gekerfde uie
  • 1 teelepel pietersielie
  • 1 hoog opgehoopte eetlepel koekmeel
  • bietjie sout en peper
  • Meng alles saam en plaas in gesmeerde bak en bak in voorverhitte oond teen 180 °C vir een uur.

ASPERSIE EN SAMPIOENTERT
“Ek het hierdie basiese resep hierdie keer so gemaak (basiese resep drie keer aangemaak).”

  • 1 blik worsies, in wieletjies gesny.
  • 1 blik sampioenstukke, gedreineer
  • 1 bottel aspersies, gedreineer en in stukkies gesny
  • 375 g gerasperde kaas
  • 3 koppies melk
  • 6 eiers
  • 3 teelepels mosterdpoeier
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • 1 medium ui, fyngekerf
  • klein bietjie gekapte seldery en preie (dis regtig opsioneël)
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 3 teelepels fyn vars, gekapte pietersielie
  • 3 hoog opgehoopte eetlepels koekmeel
  • 1 teelepel aromat
  • ½ teelepel kerriepoeier
  • sout en peper (ek het bietjie wit en bietjie swart peper gebruik)
  • Meng alles saam en bak in voorverhitte oond teen 180 °C vir een uur.
  • Kyk dan hoe tert lyk. Moet ligbruin wees. Dit het twee middelslag terte gemaak. Die hoeveelheid van die Aspersie en Sampioentert is ongeveer 2,3 liter.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page