Your Recipe Blog

ARRABIATA PASTA

ARRABIATA PASTA

  • 1 ui, gekap
  • 2 tot 3 brandrissies, gekap (verwyder die pitte indien jy nie van hitte hou nie)
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 200 g pakkie gekapte spek
  • olie vir braai
  • 2 eetlepels suiker
  • 3 sopies asyn
  • 1 pakkie tamatiepasta
  • 1 blikkie gekapte tamatie
  • 1 leë tamatieblikkie vol water
  • 1 blokkie beesvleisekstrak, gekrummel
  • 1 teelepel Italiaanse kruie
  • 3 eetlepels blatjang
  • pasta van eie keuse
  • vars basieliekruid en Parmesaankaas vir opdiening

Braai die ui, rissies, knoffel en spek in bietjie olie tot die ui glassig en die spek begin verbruin.
Voeg die suiker by en karamaliseer vir ongeveer 1 minuut.
Voeg die asyn en tamatiepasta by en roer deur.
Voeg die gekapte tamatie, water, ekstrak en kruie by, roer deur en laat die mengsel prut.
Voeg die blatjang by en kook totdat die sous begin verdik. (Die blatjang help met die verdikking).
Bedien die Arrabiata sous met pasta van eie keuse (ek hou van linguini).
Sprinkel Parmesaankaas en vars basieliekruid oor voor opdiening. Njamm!

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page