ARMMANSHAPPIE
“Maklike snack. Strooi enige lekker spice oor. Ek het een bord barbecue gedoen en die ander sout en asyn spice. Maar die uiepoeier is ‘n wenner. Geniet dit enige tyd van die dag… of nag!.”
- 100 ml warm water
- 5 ml sout
- 2½ ml gemaalde swartpeper
- 2 koppies koekmeel + 2 eetlepels koekmeel
- olie, om in te bak
- speserye van keuse, om oor te strooi
Maak alles, behalwe die strooi speserye, aan tot ‘n lekker hanteerbare deeg.
Rol die deeg, op die gestrooide ekstra koekmeel, baie dun uit en druk sirkels en met ‘n kleiner drukker ‘n gaatjie in middel (ek het sommer my oliebolrollertjie gebruik).
Bak in ‘n vlak lagie olie tot lekker bruin.
Plaas die ringe op kombuispapier sodat die olie kan dreineer.
Strooi enige lekker speserye oor. (Sien die opmerking aan die begin.)
Resep en fotos: Martie Labuschagne