Your Recipe Blog

ARMEENSE SKAAPVLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 4 ure

ARMEENSE SKAAPVLEIS

Die kleinste stukkie skaapboud vir my en manlief vandag. Die resep is ligweg geskoei op Rick Stein se resep vir Armeense skaapvleis. Kyk die vadoek wat onder die ou Hart dutch oven is… RSA… my ma het dit many moons ago by die hospitaal se stoor gekoop!

  • klein skaapboudjie
  • Meng saam:
  • genoeg sout en peper vir die skaapvleis wat jy het
  • blare van so twee takkies mint, fyn gekap
  • ‘n paar takkies tiemie, blare alleen
  • ¼ koppie olyfolie
  • 1 teelepel sumac – ek het myne by Fruit and Veg gekoop
  • 1 teelepel bruin suiker
  • ½ – ¾ koppie volroom Griekse yogurt
  • ‘n paar skraapsels neutmuskaat

Bedek die vleis met die mengsel, maak die bak toe en bak by 140°C vir so min of meer, ongeveer 4 ure.
Voeg ‘n klein bietjie water by sou dit dalk begin aanbrand.
Sodra die boud deur gaar en mooi bruin is, verwyder uit die oond, laat effens afkoel en sny.

Nota:
En… ‘n mens kook altyd beter met ‘n glasie wyn vir die wis en die onwis.

Resep en foto: Christelle Mitchell Van Emmerik

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page