Your Recipe Blog

ARM MANS VETKOEK

ARM MANS VETKOEK

  • 2 koppies koekmeel
  • 1 eetlepel bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 eier
  • ¾ liter lou water vir meng van deeg
  • olie vir diepbraai

Meng alles saam, buiten die water en gebruik die lou water om ‘n tekstuur te kry van jogurt. Nie loperig nie en ook nie te styf nie. Skep eetlepels vol in warm olie.
Bak tot bruin aan onderkant, die vetkoekies swel na golfbal grootte balletjies en sal vanself omdraai sodra dit reg is aan die een kant. So nou en dan is daar ‘n moeilike een wat vashaak wat jy moet help om te draai, hou maar ‘n oog.

Vir ‘n familie van 4 sal ek die resep 3 keer aanmaak, selfs 4 keer want dit gaan soos soetkoek verorber word. Hierdie resep is ‘n treffer, baie vinnig om te maak asook baie lekker.

Notas:
Indien jy het of dit verkies kan jy ham stukkies, gerasperde kaas of selfs rissievlokkies in deeg inmeng.

Corne Mare
Ek meng ‘n blikkie suikermielies in.

Thriza van der Spuy
Lekker saam met Pilchards vis in die blikkie. Maak die vis fyn en meng met die deeg.

Ronel Jansen van Rensburg
Ek meng sommer tuna en fyn gekapte uie en soetrissie in. Dit is net so lekker.

Resep en foto: Dewald Muller

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page