Your Recipe Blog

APPELVULSEL VIR TERTE OF PANNEKOEK

APPELVULSEL VIR TERTE OF PANNEKOEK

  • 4 Granny Smith appels, geskil, stronk verwyder en in wiggies gesny (of gebruik 385 g blik tertappels)
  • 100 g suiker
  • 100 g gemengde korente, rosyntjies en lemoenskil (vrugtekoekmengsel)
  • 5 ml fyn kaneel
  • 3 ml fyn naeltjies
  • 15 ml gemmerstroop
  • 30 ml suurlemoensap
  • 100 ml kookwater met Earl Grey teesakkie, maak medium sterkte tee (rooibos of heuningbos sal ook werk)

Sit alles in kastrol bring tot kookpunt en prut tot die appels sag en die droëvrugte uitgeswel is. As daar nog vloeistof is, kook tot dit feitlik droog is of behou dit indien verkies.

Maak bietjie mielieblom aan in 100 ml water en roer deur terwyl dit prut tot die vloeistof verdik en deurskynend en gaar is. Dan is daar lekker sousie by die appels.

Resep en foto: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page