Your Recipe Blog

APPELTERT OF 24 TERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min vir klein tertjies of 45 min vir groot tert

APPELTERT OF 24 TERTJIES

  • Deeg:
  • 220 ml margarien
  • 500 ml suiker
  • 6 eiers
  • 100 ml melk
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 1 groot blik appels
  • Sous:
  • 200 ml Cremora melkpoeier
  • 400 ml kookwater
  • 250 ml suiker
  • 10 ml karamelgeursel

Klits magarien, suiker, eiers en melk goed saam en voeg die gesifte droë bestanddele by en klits tot goed gemeng.
Skep beslag in voorbereide muffinpannetjies of tertbak.
Plaas appelstukkies op elke tertbeslag of bo-op die deeg in die tertbak.
Bak in verhitte oond van 180º C vir 20 min vir klein tertjies of 45 min vir groot tert.
Terwyl tert bak, maak sous aan.
Kook alles saam tot melkpoeier goed opgelos is en gooi warm oor tertjies of tert as dit uitkom uit die oond uit.
Laat bietjie afkoel en haal uit pannetjies.

Resep en foto:  Riana le Roux – Hier is my appeltert resep, ek bak dit nou al 12 jaar en was ‘n goeie verkoper in die tuisbedryf wat ek gehad het.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page