APPELTERT MET STROOP
Let asb op die tert staan op my lieflike broodbord wat ‘n geskenk was.
- Vulsel:
- 1 koppie suiker
- 2 eiers
- 1 koppie bruismeel
- knippie sout
- 1 klein blikkie tertappels
- Stroop:
- 1 koppie suiker
- 2 eetlepels margarien
- 1 koppie melk
- 1 teelepel vanilla geursel
Vulsel:
Room die suiker en eiers saam. Voeg die meel en sout by en roer deur. Voeg ‘n klein blikkie tertappels by en roer deur. (appels kan kleiner gesny word)
Plaas mengsel in ‘n gesmeerde tertbak en bak in die oond 180°C vir 3/4 uur.
Stroop:
Kook die suiker, margarien en melk saam. (ek het room en botter gebruik)
Voeg die vanilla geursel by. Giet kokend oor die warm appeltert sodra die tert uit die oond kom.
Laat die stroop heeltemal intrek. Geniet.
Resep geplaas deur Ellie Diederiks Botha
Foto: Ellie Diederiks Botha
Heerlik!