Your Recipe Blog

APPELTERT MET KONFYT BO-LAAG

Recipe by
Cook: 45 min

APPELTERT MET KONFYT BO-LAAG

  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 80 ml suiker
  • 60 ml margarien
  • 1 ekstra groot eier
  • 100 ml melk
  • 750 ml tertappels
  • 2 ml kaneel
  • 1 ml neutmuskaat
  • 125 ml gladde appelkooskonfyt

Voorverhit die oond op 180°C.
Bespuit ‘n ronde oondbak met kleefwerende kossproei.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Meng 30 ml van die suiker by.
Vryf die margarien in tot dit lyk soos krummels.
Klits die eier en melk en voeg by die droë bestanddele.
Meng goed deur.
Smeer die deeg op die bodem van die voorbereide oondbak.
Pak die tertappels bo-op die deeg.
Sprinkel die kaneel, neutmuskaat en res van die suiker bo-oor die tertappels.
Bak 45 min lank.
Verhit die konfyt en smeer oor die tert as dit uit die oond uitkom.
Bedien met room indien verkies.

Resep en foto:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page