Your Recipe Blog

APPELTERT DE LUXE

Cook: 50 tot 60 minute

APPELTERT DE LUXE

  • 100 ml (100 g) margarien
  • 250 ml (210 g) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 190 ml (100 g) koekmeel
  • 60 ml (35 g) Maizena
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • ongeveer 3 ½ klein appeltjies, enige soort, geskil, ontpit en in skywe gesny
  • 50 ml (50 g) botter
  • 50 ml (40 g) bruinsuiker

Room die margarien en strooisuiker saam.
Klits die eiers in, een op ‘n slag.
Sif die droë bestanddele saam en vou in mengsel in.
Voeg ‘n bietjie melk by, indien nodig om ‘n stywe beslag te maak.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde tertpan van 28 x 21 cm.
Plaas die appelskywe egalig bo-op die beslag, skep klontjies botter oor, en sprinkel suiker oor.
Bak teen 180ºC vir 50 – 60 minute.
Bedien met room of maak die volgende sous om oor te skep sodra die tert uit die oond kom.

  • Sous:
  • ¼ koppie botter
  • ½ koppie suiker
  • ½ teelepel vanilla geursel
  • 1 koppie melk

Kook alles saam en skep oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.
Vir variasie kan vars appels met tertappels of ingelegde appelkose vervang word.

Resep getoets en foto: Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page