Your Recipe Blog

APPELROSE

APPELROSE

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • 1 tot 2 rooi appels
  • appelkooskonfyt
  • kaneel

Rol die deeg bietjie dunner uit.
Sny die appel in die helfte en verwyder die kroon.
Sny die appel in dun skyfies en gooi in ‘n bak met water sodat die appels net bedek is.
Plaas die bak in die mikrogolf vir 4 min op 100% krag.
Verwyder die appels van die water en druk effens droog op kombuispapier.
Sny die deeg in repe wat dubbel die grote van die appelskyfie is.
Smeer die konfyt oor die deeg en strooi kaneel oor.
Pak die appels langs mekaar sodat hulle helfte oor mekaar lê.
Vou nou die deeg wat nie met appel bedek is nie oor die bedektes (die appels moet bietjie oor die deeg wees).
Rol die reep op en plaas in ‘n kolwyntjie pan.
Bak teen 180ºC tot hulle mooi bruin en die deeg gaar is.
Strooi bietjie strooisuiker bo-oor.
Bedien warm of koud saam met vla of roomys, of sommer net so op sy eie is hy lekker.

Foto: Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page