Your Recipe Blog

APPELLOSE APPELTERT

Recipe by
Cook: 25 minute

APPELLOSE APPELTERT

Ek verpes enige gekookte of warm vrugte. Appeltert, pynappel tert, geen van dit nie. So ek het op ‘n dag ‘n happie van net die beslag by my pa gevat, hy is gek oor appeltert. En toe besef ek hoe lekker die beslag is en maak dit sonder die appels van toe af. Selfs my ouers eet dit nou sonder die appels.

  • Beslag:
  • 100 ml botter
  • 250 ml suiker
  • 3 eiers
  • 50 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • 7 ml bakpoeiers
  • sout

Klits botter, suiker, eiers en melk saam. Voeg melk by, gevolg deur meel, bakpoeier en sout. Skep in jou keuse van oondbak – ek het ‘n muffin pan gebruik en 2 roomys “scoops” in elke gaatjie geplaas.
Bak teen 180ºC vir 20 – 25 minute (afhangende van jou oond – myne is baie warm), tot goudbruin en gaar.

  • Maak intussen jou sous:
  • 1 blik Ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 250 ml suiker
  • OF maak jou eie Ingedampte melk deur die volgende saam te meng:
  • 250 ml room of melk
  • 1 eetlepels botter
  • 250 ml suiker
  • 5 ml vanilla geursel

Kook alles saam en giet oor jou warm tert sodra dit uit die oond kom

Nota:
Ek hou nie Ideal Melk in die huis aan nie. So ek meng min of meer ‘n eetlepel botter met suiker en melk – genoeg vir die hoeveelheid poeding wat ek maak. Ek voeg ook vanilla geursel by om die smaak van Ideal Melk na te maak. Te veel botter gaan die sous na botter laat smaak en so ook stol.

Hierdie is die helfte van die oorspronklike resep. Tertappels kan bygevoeg word.
Bruin suiker en karamel geursel kan ook uitgeruil word.

Foto en resep: Stephanie Kohrs Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5