APPELLIEFIEKONFYT
- 1 kg appelliefies
- 750 g suiker
- ¼ koppie water
- 1 goeie spuit suurlemoensap
- botter
Smeer die pot se rant met botter aan die binnekant.
Meng appelliefies, suiker, water en suurlemoensap tot ‘n stroop.
Sorg dat suiker heeltemal opgelos is.
Kook op hoog vir 25 minute vandat dit begin kook.
Bottel warm in gesteriliseerde glasflesse en seël.
Foto en Resep: Petré van Jaarsveld












