APPELKOOSKONFYT OP DIE STOOF
- 2,75 kg vars appelkose, ontpit en gehalveer
- 2,75 kg suiker
- 575 ml water
- 100 ml suurlemoensap
- botter vir potte smeer
Plaas al die bestanddele in ‘n groot skottel en laat staan oornag.
Roer die volgende oggend goed totdat die suiker opgelos is en skep in kastrolle wat met ‘n bietjie botter gesmeer is. Sit op die stroof en kook vinnig tot die konfyt nie meer waterig is nie – pasop vir aanbrand en roer gereeld.
Verlaag hitte wanneer die meeste skuim verdamp het.
Doen die piering toets, wanneer dit nie meer loperig is nie, is dit reg.
Skep in skoon gesteriliseerde flesse en laat afkoel.
Bedek met waspapiersirkels wat in brandewyn gedoop is of andersins met kleefplastiek.
Skroef die deksels op en pak weg.
Foto en resep: Louisa Hollenbach