Your Recipe Blog

APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND

Avatar photo
Recipe by
Cook: 3 x 13 minute

APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND

WERK SOOS ‘N DROOM! My beproefde mikrogolf appelkooskonfyt resep.

  • 1 kg appelkose, gesnipper of net die pit verwyder
  • 1 eetlepel botter
  • 1 kg suiker

Plaas die appelkose in ‘n diep glasbak. Voeg botter by.
Mikrogolf op hoog vir 13 minute. Haal uit, maak fyn met masher indien verkies, of los net so, roer net deur.
Voeg suiker by en roer goed.
Mikrogollf weer op hoog vir 13 minute.
Haal uit en roer weer goed deur.
Mikrogolf weer vir 13 minute op hoog.
Die kooktye is perfek vir 1 kg appelkose.

Nota:
Baie mense gebruik ‘n roomysbak om dit in te kook in die mikro, want dis dan maklik om die konfyt in die potjies te “skink”, want die bak buig lekker. Ek gebruik egter ‘n glasbak, want ek hou nie van die idee van plastiek in die mikro nie, maar dis net persoonlike smaak.

Foto en resep: Louise Groenewald

2 Reviews

  1. Louise Groenewald
    Ek persoonlik het hierdie resep vanjaar (2020) gebruik…en my rug gekeer op al my ander resepte en geheime rakende appelkooskonfyt. Het sap van een medium suurlemoen bygevoeg en bietjie gemmer – sowat halwe teelepel fyn gemmer.

  2. Jerrica Grace

    Rina ek gebruik jou resep net so. Dis perfek. My konfyt is skougehalte. Baie dankie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page