APPELKOOSKERRIE VAN VARKVLEISBLOKKIES
- 15 ml olie
- 1 kg varkvleisblokkies
- 1 groot ui, opgesny in dik skywe
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 25 ml matige kerriepoeier
- 3 groot tamaties, ontvel en gekap
- 250 ml appelkoossap
- 50 ml suurlemoensap
- 50 ml blatjang
- 20 ml suiker
- 1 appel ontkern, geskil en in blokkies gesny
- sout en peper na smaak
- Opsioneel: mielieblom om te verdik
Verhit die olie in ‘n groot pan en roerbraai die varkvleisblokkies daarin tot ligbruin.
Voeg die uie en knoffel by en braai oor lae hitte totdat die uie begin sag word.
Voeg die kerriepoeier by en braai nog ‘n minuut lank.
Voeg die tamaties, appelkoos- en suurlemoensap, blatjang en suiker by.
Sit ook die appel by. Geur met sout en peper.
Prut vir ongeveer ‘n uur tot vleis sag is.
As die sous te dun is verdik met ‘n klein bietjie mielieblom en kook deur tot dit verdik.
Bedien saam met rys.
Resep en Foto: Amanda Austen