APPELKOOS RISSIESOUS
Ek het lanklaas iets nuuts op groep gesit wat uitgetoets en ook my eie is.
- 6 kg ryp appelkose, ontpit
- 3 kg suiker
- 8 koppies asyn
- 3 soetrissies, opgesny
- 6 uie, opgesny
- 40 ml opgesnyde vars gemmer
- 20 ml opgesnyde knoffel
- 40 ml rissies, opgesny (ek het die gedroogte rissies gebruik)
- 12 – 15 ml Aromat
- 1 eetleppel swartpepper
- 10 ml fyn naeltjies
- 10 ml droë mosterdpoeier
- 10 ml wonderpepper (pimento)
- 5 ml peri-peri
Plaas al die bestanddele in ‘n groot pot op die stoof.
Kook op medium hitte tot alles fyn gekook is.
Maak verder fyn met versapper (stick blender) na smaak.
Bottel warm in voorbereide bottels en seël dadelik.
Nota:
Regte gewig en mates.
Indien jy dit sterker wil maak by “all means” doen so, die is medium hitte.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk