APPELKOOS KAASKOEK
Hier is ‘n ou kaaskoek resep wat ek bietjie afgestof het. Heerlik!
- 1 pakkie perske of appelkoosjellie
- 250 ml kookwater
- 1 botteltjie Orley Whip, goed verkoel
- 250 g gladde maaskaas
- 1 blik kondensmelk
- 50 ml suurlemoensap
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 1 blik appelkooshelftes
- 15 ml vlapoeier, aangemaak met bietjie water
Los jellie op in kookwater en laat afkoel in die yskas.
Klits verkoelde Orley Whip BAIE styf.
Voeg maaskaas by en meng.
Voeg kondensmelk by en meng.
Voeg suurlemoensap by en meng.
Voeg laaste afgekoelde jellie by en klits goed.
Sit ‘n laag tennisbeskuitjies onder in ‘n 2.5 l tertbak.
Bedek met 1 laag vulsel en herhaal koekies en laag vulsel bo-oor.
Dreineer appelkose en bring sap tot kookpunt.
Roer gedurig.
Verdik met vlapoeier, en kook goed deur.
Laat bietjie afkoel.
Rangskik appelkose bo-op tert.
Skep die vlamengsel bo-oor die appelkose en vulsel.
Hou in yskas tot gestol.
Resep en foto: Betsie Hattingh