Your Recipe Blog

APPELKOOS- EN GEELPERSKE BLATJANG

APPELKOOS- EN GEELPERSKE BLATJANG

Resep en foto: Sean O’Brien

  • 1.5 kg appelkose
  • 500 g geel perskes
  • 2 groot uie
  • 1 soet groenrissie
  • 1 rooi soetrissie
  • 4 knoffelhuisies
  • 1 stukkie vars gemmer
  • 100 g rooi rissies
  • 100 g groen rissies
  • 100 ml witasyn
  • 450 g suiker
  • Ontpit appelkose en geelperskes en sny op in blokkes (Let wel: ONGESKIL).
  • Plaas dit in ‘n kookpot, en voeg die suiker en asyn by, laat eers staan en trek.
  • Kap uie, soetrissies, knoffelhuisies en rissies fyn, en rasper gemmer by.
  • Braai liggies in bietjie olie, net tot die uie deurskynend is.
  • Bring die vrugte en suiker/asyn mengsel stadig tot kookpunt.
  • Verlaag die hitte en voeg die uie, soetrissies, rissies en gemmermengsel by.
  • Laat dit stadig prut vir ongeveer ‘n uur, roer gereeld deur en druk vrugte fyn soos dit sagter word.
  • Sodra die mengsel goed geprut het en al die vrugte sag gekook en fyn is, behoort die blatjang lekker dik te wees.
  • Skep die warm blatjang in warm, gesteriliseerde bottels, seël, en laat afkoel.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page