APPELBLATJANG
Dis ‘n kwessie van proe en miskien bietjie suiker byvoeg tot jy die regte tekstuur en smaak het.
- 1 kg Granny Smith-appels, ontpit en geskil en opgesny
- 500 g uie, geskil
- 250 g ontpitte sultanas of rosyne
- 1.5 liter wit asyn of na smaak (sien nota onder)
- 15 ml gemaalde gemmer
- 500 g bruinsuiker
- 5 ml sout
- 2 ml rooipeper
- 15 ml heel korrel mosterd
Meng eerste drie bestanddele en voeg asyn by. Laat saggies kook vir sowat 2 uur.
Voeg res van bestanddele by en kook tot verlangde dikte.
Bottel warm
Nota:
Ek het helfte rosyne en helfte dadels gebruik.
Ek het vars gemmer gebruik wat ek gerasper het.
Alhoewel die resep nie se nie, het ek die appels in groterige blokkies gesny en die uie grof gekerf, hang seker af hoe grof of fyn mens die blatjang verkies, kan mens seker alles rasper ook.
Resep aanpassing: Rina Kleinhans
Foto: Bernadene Prinsloo
Resep aangepas deur Bernadene Prinsloo
Asyn na 1 liter verminder. Kooktyd ook verminder na 45 minute, aangesien Golden Delicious appels gebruik is en dit baie vinnig sag gekook het.