Your Recipe Blog

APPELBLATANG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1.5 - 2 ure

APPELBLATANG

Dis ‘n kwessie van proe en miskien bietjie suiker byvoeg tot jy die regte tekstuur en smaak het.
Ek het dit probeer, en moet se dit is heel lekker, bietjie suur dink ek, maar ek glo dit sal nog bietjie “settle” as dit eers ‘n paar dae staan.

  • 1 kg Granny Smith-appels, ontpit en geskil
  • 500 g uie, geskil
  • 250 g ontpitte sultanas of rosyne
  • 1.5 liter wit asyn
  • 15 ml gemaalde gemmer
  • 500 g bruinsuiker
  • 5 ml sout
  • 2 ml rooipeper
  • 15 ml heel korrel mosterd

Meng eerste drie bestanddele en voeg asyn by. Laat saggies kook vir sowat 1.5 – 2 ure.
Voeg res van bestanddele by en kook tot verlangde dikte.
Bottel warm in voorbereide flesse.
Nota:
Ek het helfte rosyne en helfte dadels gebruik.
Ek het vars gemmer gebruik wat ek gerasper het.
Alhoewel die resep nie se nie, het ek die appels is groterige blokkies gesny en die uie grof gekerf, hang seker af hoe grof of fyn mens die blatjang verkies, kan mens seker alles rasper ook.

Foto en aanpassing:  Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5