Your Recipe Blog

APPEL RISSIESOUS

APPEL RISSIESOUS

Hierdie sous is heerlik saam met alles. Van braaivleis, wors en saam ‘n eier. Hang af van hoeveel jy wil hê dit moet brand, kan jy van die rissie met soetrissie vervang en piite uithaal of bysit soos verkies.

  • 4 rooi rissies
  • 4 groen rissies
  • 8 groot uie
  • 8 knoffelvingertjies
  • 6 groot appels, geskil
  • 1 groot blik All Gold appelkooskonfyt
  • 375 ml wit asyn
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel peper

Maal die rissies, uie, knoffel en appels tot fyn (of rasper).
Voeg res van bestanddele by en meng deeglik.
Bêre in flessies in die yskas.
Laat staan sowat 2 weke, dan is die sous op sy lekkerste.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.
Hierdie sous is ‘n wenner!

Resep: Maureen Jansen van Rensburg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5