Your Recipe Blog

APPEL, PEKANNEUT EN HAWERMOUT MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 27 minute | Servings: 12+ muffins

APPEL, PEKANNEUT EN HAWERMOUT MUFFINS

My dogter Adri het hierdie sommer gou-gou vanoggend vir ons gebak vir ontbyt.

  • 1 ½ koppie koekmeel
  • ¼ koppie hawermout
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 ¼ teelepel fyn kaneel (oorspronklike resep gebruik kardemon)
  • ¾ teelepel koeksoda
  • ¾ teelepel sout
  • 6 eetlepels (90 ml) ongesoute botter
  • ⅔ koppie (160 ml) suiker
  • 1 koppie melk
  • 1 koppie gerasperde appel met skil en al
  • 2 groot eiers, geklits
  • 1 ½ teelepl vanilla ekstrak
  • 1 koppie pekanneute, fyngekap

Voorverhit oond tot 190°C. Smeer die holtes van muffin pan of gebruik papiervorms.
In ‘n mengbak meng die meel, hawermout, bakpoeier, kaneel, koeksoda en sout saam en hou eenkant.
Smelt botter liggies in groot bak. Voeg suiker by en klits goed.
Meng die melk, gerasperde appel, eiers en vanilla by.
Vou droëmengsel versigtig by die natmengsel in en voeg die pekanneute by. (kan die helfte hou en bo-oor strooi).
Moenie mengsel te veel meng nie.
Vul die muffin holtes omtrent driekwart vol en sprinkel res van pekanneut oor (as dit uitgehou is).
Bak totdat die bokante mooi goudbruin is en ‘n tandestokkie droog uitkom as dit getoets word.
Toets so na 20 min, maar dit kan tot 27 minute neem.
Haal uit die oond en laat muffins afkoel in die pan vir omtrent 10 minute voordat dit uitgehaal word. (as jy nie papiervorms gebruik het nie)
Plaas op draadrak om verder af te koel.
Kan warm of koud bedien word.

Nota:
Muffins kan vir tot 2 dae in ‘n lugdigte houer gehou word of dit kan tot 3 maande gevries word.
Ontvries oornag teen kamertemperatuur of in oond of mikrogolf dit in 10 sekonde sessies.

Resep geplaas deur Stien Rust
Foto: Stien Rust

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page