APPEL MERINGUETERT
Resep en foto: Amanda Austen
- Kors:
- 1 pak Tennisbeskuitjies (200 g)
- 100 ml botter
- Vulsel:
- 1 blik (397 g) kondensmelk
- 125 ml suurlemoensap
- 2 eiers, geskei
- 1 blik tertappels (410 g), gedreineer en kleiner gesny
- 50 ml strooisuiker
- Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n ronde tertbak met kleefwerende kossproei.
- Meng die beskuitjies met die botter. Druk vas in tertbak as kors.
- Giet die kondensmelk in ‘n mengbak en voeg die suurlemoensap by. Klits tot goed gemeng.
- Klits die eiergele tot lig en voeg by die kondensmelkmengsel. Voeg ook die tert appels by en meng deur.
- Skep in die voorbereide tertkors en bak 10 min lank.
- Klits die eierwitte in ‘n skoon bak tot sagte punte vorm. Klits die strooisuiker bietjie vir bietjie by.
- Skep oor die warm tert en bak tot die meringue strooikleurig is, ongeveer 15 min lank.
- Dien louwarm of koud op.
Category:


