APPEL MERINGUETERT
- Kors:
- 1 pak Tennisbeskuitjies (200 g)
- 100 ml botter
- Vulsel:
- 1 blik (397 g) kondensmelk
- 125 ml suurlemoensap
- 2 eiers, geskei
- 1 blik tertappels (410 g), gedreineer en kleiner gesny
- 50 ml strooisuiker
Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n ronde tertbak met kleefwerende kossproei.
Meng die beskuitjies met die botter. Druk vas in tertbak as kors.
Giet die kondensmelk in ‘n mengbak en voeg die suurlemoensap by. Klits tot goed gemeng.
Klits die eiergele tot lig en voeg by die kondensmelkmengsel. Voeg ook die tert appels by en meng deur.
Skep in die voorbereide tertkors en bak 10 min lank.
Klits die eierwitte in ‘n skoon bak tot sagte punte vorm. Klits die strooisuiker bietjie vir bietjie by.
Skep oor die warm tert en bak tot die meringue strooikleurig is, ongeveer 15 min lank.
Dien louwarm of koud op.
Resep en foto: Amanda Austen