Your Recipe Blog

APPEL-, KOFFIE EN NEUTMUSKAATKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

APPEL-, KOFFIE EN NEUTMUSKAATKOEK

Ek het hierdie resep op die TV program “Net Koffie” gesien en het dit so bietjie verander. Ek plaas die resep soos op die foto, en dan sal ek nota’s bysit van wat ek volgende keer anders sal doen. Maak seker jy is ‘n koffie liefhebber of jou gaste is, voor jy hierdie baie lekker klam koffiekoek bak.
Die koek is baie plat, en daarom kan mens dit amper meer beskryf as ‘n tert, maar dit is regtig heerlik en baie ryk, so die plat sny koek/tert werk eintlik baie goed. Dit lyk baie dekadent.

  • 3 eetlepels botter
  • 2 koppies appelblokkies – appels geskil en in growwe blokkies gesny
  • ½ koppie rosyne
  • 160 ml “Treacle” suiker
  • ¼ koppies koffiepoeier
  • ⅔ koppie kanola olie
  • ½ koppie witsuiker
  • 1 groot eier plus 1 groot eierwit
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 1 ½ koppies koekmeel
  • 2 teelepels fyn kaneel
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel koeksoda
  • ¼ teelepel fyn neutmuskaat
  • Bolaag:
  • ⅓ koppie koffiepoeier
  • ¼ koppie volroom room
  • 1 ½ koppies versiersuiker

Verhit die oond tot 190ºC. Smeer of spuit ‘n 23 – 25 cm losboom pan wat baie goed seël anders gaan al jou heerlike sous uitloop. Jy kan ook ‘n gewone koekpan gebruik as jy nie die koek gaan uithaal nie en sommer net so gaan bedien. Persoonlik voel ek 25 cm is bietjie groot en sal ‘n 23 cm pan gebruik.
Smelt die botter in ‘n pan op die stoof, en voeg die appels, rosyne en 80 ml van die “Treacle” suiker by. Kook en roer gereeld totdat die appels bros-sag is. Roer die koffiepoeier by en haal van die hitte af. Hou eenkant.
Meng die olie, suiker, eier, eierwit, vanilla en die res van die treacle suiker (80 ml) tot goed gemeng.
Sif die meel, koeksoda, kaneel, sout, witsuiker en neutmuskaat saam, en meng geleidelik in by die eiermengsel. Dit is ‘n stywerige deeg, maar dit is reg so.
Skep die appelmengsel in die voorbereide pan en skep die deeg lepels gewys bo op die appels, werk versigtig en smeer die deeg plat oor die hele pan.
Bak totdat ‘n tandestokkie skoon uitkom wanneer jy dit in die middel insteek ongeveer 18 – 20 minute. Haal die koek uit en laat afkoel vir ongeveer 10 minute op ‘n draadrakkie, net so in die pan tewyl jy die bolaag voorberei.
Bring die room en koffiepoeier tot kookpunt, kook tot die vloeistof bietjie verminder , ongeveer 10 min. Haal van die hitte af en roer die versiersuiker by. Laat staan die bolaag so vir 10 min om af te koel, skep oor die koek. Ek het so 2 cm reg om oop gelos, anders loop die mengsel af, want die koek is nog effens warm. Laat afkoel, maak die rand van die koek los met ‘n skerp plat messie, en haal die buite ring van die pan af. Bedien teen kamertemperataruur nadat dit heel afgekoel het.

Nota:
Ek het Nescafé gebruik en dit was baie sterk, ek stel voor indien jy nie so sterk koffie smaak wil hê nie, maar nogsteeds ‘n heerlik koek, gebruik ‘n koffie wat nie so sterk is nie, of bietjie minder koffie.

Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5