APPEL- EN WORTEL SJOKOLADEKOEK
- 750 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 375 ml strooisuiker
- 7.5 ml vanilla geursel
- 7.5 ml koeksoda
- 375 ml sonneblom olie
- 80 ml kakao
- 2.5 ml sout
- 420 g Koo pie appels, maak fyn, maar dit moet nog grof wees
- 6 eiers, jumbo
- 375 ml grof gerasperde wortels
Spuit 2 x 20cm koekpanne met “Spray & Cook” of smeer met “ Tin glide”.
Voorverhit oond tot 180ºC.
Sif die droë bestanddele saam ( koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout en kakao).
Meng: eiers, strooisuiker, vanilla en kookolie tot romerig.
Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en meng goed.
Vou die gerasperde wortels en fyngemaakte appels in by mengsel.
Verdeel die beslag in die koekpanne en bak vir ongeveer 50 – 60 minute tot gaar. (toets met naald) Keer om op draad rakkies om af te koel.
- Rooibostee en sjokolade versiersel :
- 400 ml kookwater
- 2 sakkies rooibostee
- 250 ml suiker
- 50 ml botter
- 50 ml kakao
- 50 ml mielieblom
- 10 ml vanilla geursel
Voeg die teesakkies by die kookwater, laat trek tot sterk tee.
Voeg die suiker, botter, kakao, mielieblom en vanilla geursel by die tee.
Kook oor lae hitte tot die versiersel verdik. Die versiersel moet gedurig geroer word en moet glad wees. Plaas die versiersel in yskas vir ‘n paar uur voor gebruik.
Versiering:
Versier die koek met appelkooskonfyt en sjokoladeversiersel tussen lae, versier ook die koek bo-op met die versiersel.
Rasper bietjie “Top deck” sjokolade oor versiersel.
Sit ook ‘n paar rooi kersies op.
Laat koek staan vir ‘n paar uur voordat dit gesny word!
Resep en foto: Hennie Botha