APPEL-EN-BLOUKAAS-GROENSLAAI
- 3 Granny Smith appels
- flou suurlemoenwater
- kookolie vir diepbraai
- 2 snye witbrood, korsies verwyder en in blokkies gesny
- verskeidenheid vars slaaiblare
- 50 g pekanneute, grofgekap
- 125 g bloukaas
- mosterdslaaisous of gekookte mosterdslaaisous
Ontkern die appels, sny in wiggies en doop in suurlemoenwater.
Verhit die olie in ‘n kastrolletjie en braai die broodblokkies tot goudbruin en bros.
Dreineer op handdoekrolpapier en laat afkoel.
Pak die slaaiblare in ‘n slaaibak en voeg die appelwiggies en gebraaide broodblokkies by.
Besprinkel met pekanneute en krummel die bloukaas oor.
Giet die slaaisous net voor opdiening oor.
Resep en foto: Joanita Rothman