Your Recipe Blog

ANYSBESKUIT MET KONDENSMELK

Recipe by
Cook: 1 uur

ANYSBESKUIT MET KONDENSMELK

  • 375 ml melk
  • 250 ml botter
  • 250 ml suiker
  • 2 pakkies kitsgis
  • 25 ml sout
  • 2.5 kg koekmeel
  • 3 eiers
  • 1 blik kondensmelk
  • 25 ml vars suurlemoensap
  • 1 liter louwater
  • 2 eetlepels anys

Plaas botter, melk, suiker, kondensmelk en 3 eiers in ‘n pot. Klits en verhit tot suiker gesmelt is. Laat afkoel. Voeg suurlemoensap by.
Plaas koekmeel, kitsgis, sout en anys in skottel en meng.
Voeg nou afgekoelde vloeistof by meel en roer deur. Voeg louwater by. Knie baie goed deur en maak hande skoon met droë meel.
Maak die deeg goed toe en laat rys op ‘n lekker warm plek tot dubbel die volume.
Knie af en sit die deeg in die panne, plus minus die helfte van die panne moet vol wees. Maak weer toe en laat weer rys.
Bak by 180°C vir 1 uur. Keer die beskuit uit die panne uit en laat koud word.
Sny in beskuit dikte snye en dan elke sny weer in drie of vier. Droog uit by 120°C.

Resep en foto: Rina Booysen

Category:

2 Reviews

  1. Natie Badenhorst

    verstaan nie mooi. word die deeg in bolletjies gerol of in plat gedruk in panne? en net die helfte van die panne vol?

    • Natie dankie vir jou navraag. As jy na die foto kyk wat by die resep is, word dit soos brood net in die panne gesit, die panne half vol en gebak en dan in beskuite gesny OF jy kan dit bolletjies maak in die panne pan en laat vol rys en bak. Hierdie beskuit word nie in die beskuitpanne met die snyers gebak of plat gedruk nie. Hoop dit help. Lekker bak

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page