Your Recipe Blog

ANTON SE SULT

ANTON SE SULT

Ons het gister bietjie bron gemaak. Ek kon nie resep kry wat ek van hou nie, en het toe ons eie resep gemaak. Kerrie Sult

  • 1 koppie skoon varkvelletjies
  • 2.3 kg beespote, in ringe gesny
  • 1.3 kg beespens, in stukkies gesny
  • 1.4 kg varkskenkel
  • 0.8 kg skaap bredievleis
  • 3 groot uie
  • 2 teelepels “mild” en 2 teelepels sterk kerrie
  • sout na smaak
  • 125 ml bruin asyn
  • 2 beefblokkies
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • borrie

Kook al die vleis tot sag in die stoompot. Ons het eers die skaap en vark saam gekook. Dan die beespote en laaste die pens.
Gebruik elke keer dieselde sous weer en vul net aan soos nodig.
Beespote moet heeltemal bedek wees met water in die stoompot.
Sny al die vleis af van die bene af en meng al die vleis in ‘n pot.
Sny die uie in stukkies en voeg by die vleismengsel. Plaas die sous van die vleis by en vul aan met bietjie water.
Meng al die ander bestanddele en voeg by die pot.
Die beefblokkies moet net opgelos wees in kookwater. Kook die mengsel vir ‘n half uur.
As jy nie van die kleur hou nie kan jy ‘n bietjie borrie oor strooi en inroer terwyl dit kook.
Laat effe afkoel en skep in vorms of bakke. Laat oornag in die yskas staan om te stol.

Resep en foto: Anton Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page