Your Recipe Blog

ANTON SE MACARONI EN KAAS

ANTON SE MACARONI EN KAAS

Bietjie anders as die standaard.

  • 500 g maalvleis
  • 1 ui
  • tamaties
  • 1 blikkie Rhodes gemengde groente
  • 1 pak kaaskrulle
  • 1 pak macaroni
  • 1 liter melk
  • kruie volgens smaak
  • kaas
  • bietjie olie

Sny ui redelik fyn en braai in ‘n bietjie olie. Sit solank water op vir pasta en kry dit tot op kookpunt. Plaas die pasta, bietjie olie en sout in die kookwater en kook vir 8 min vandat dit op kook gekom het.
Voeg die maalvleis by die uie en voeg enige kruie wat jy verkies by. Braai tot dit gaar is en voeg dan die blikkie gedreineerde groente by. Braai op lae hitte vir 10 min en roer gedurig.
As die pasta gaar is, giet die water af en voeg die melk by die pasta. Bring tot kookpunt en voeg die pak kaaskrulle by. Roer gedurig. As al die kaaskrulle opgelos het, kook vir nog ‘n ruk tot die sous begin dik word en sit dan af.
Skep ‘n laag pasta, ‘n laag maalvleis en weer ‘n laag pasta in ‘n oondvaste bak. Sny tamatie skywe en pak bo-op. Geur met sout en peper na smaak. Strooi kaas bo-oor en bak op 220°C vir 10 minute. Ek het bietjie nutmeg ook oorgegooi.
Geniet!

Nota:
Dit maak die 4 bakkies mooi vol. Om te vries sou ek sê los die tamaties. Ek is nie so seker of hulle lekker gaan vries nie.

Resep en foto:  Anton Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5