ANTIPASTI RICOTTA TERT
Môre moet ek “bring a plate” vir morning tea, wat beteken ek moet ‘n bordjie eetgoed vat! Ek kon nie by die winkel uitkom nie, so het rondgegrawe in die yskas en vrieskas, en toe die resep uitgedink. Kon 20 blokkies uitkry, dink die smaak heerlik louwarm of koud. Die resep is vegetaries, want een van my kollegas is ‘n vegetariër, maar spek/chorizo of selfs biltong sal ook heerlik wees hierby. Het gedink ek deel dit vir al die “bring ‘n bordjies” oor die Kerstyd😉
- Blaardeeg, uitgerol om ‘n 35 x 20 cm oondpan uit te voer
- 250 g ricotta of roomkaas
- 125 ml room
- 2 eiers
- sout, peper en “garlic and herb” geursel
- 1 botteltjie antipasti “sundried tomatoes and Feta”
- 2 blikkies aspersiestukkies, gedreineer
- 5 vars basiliekruid blare, gesnipper
Spuit oondbak en voer uit met bakpapier. Rol deeg uit om net in pan te pas.
Klits ricotta, room, eiers en geurmiddels saam.
Skep oor die deeg.
Pak gedreineerde aspersies, tamatie en Feta stukke bo-op en strooi basiliekruid bo-oor.
Bak 25 – 30 min by 210°C tot goudbruin.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs