Your Recipe Blog

ANTHONY SE LASAGNE MET ‘N VERSKIL

| Servings: 6

ANTHONY SE LASAGNE MET ‘N VERSKIL

  • 4 hoenderborsies
  • lasagne velle
  • 1 ui, fyn gesny
  • 1 vars tamatie, gekap
  • groenrissies (geel, rooi, groen)
  • bruinsuiker na smaak (1 – 2 eetlepels)
  • ½ bakkie sampioene, gekap
  • 2 koppies gekerfde spinasie
  • 8 velletjies salami, in blokkies gesny
  • 4 aartapels geskil
  • 250 ml varsroom
  • sout en peperkorrels, na smaak
  • gerasperde kaas

Kook die hoenderborsies tot gaar, haal uit die pan en ontbeen. Smoor uie, soetrissies en tamatie saam met bruinsuiker saam tot sag en ligbruin in dieselfde pan.
Voeg ontbeende hoender en die gekerfde spinasie en sampioene by. Stel plaat op laer hitte. Voeg sout en peper by na smaak. Voeg die gesnyde salami by.
Laat staan op lae hitte vir 2 minute.
Plaas geskilde aartapels in mikrogolf en kook tot sag (± 3 minute).
Pak ‘n laag lasagne velle in ‘n gespuite oondbak en plaas die hoendermengsel bo-op.
Pak weer ‘n laag lasagne velle bo-op die mengsel.
Sny gaar aartapels in skywe en pak op die lasagnevelle.
Strooi bietjie paprika of enige iets soos gemengde kruie oor die aartapelskywe.
Giet die houertjie room oor die gereg.
Strooi gerasperde kaas oor die aartappels.
Bak in voorafverhitte oond teen 180 ºC tot mooi bruin en die lasagnevelle sag en alles gaar.
Bedien met slaai van keuse.

Fotos en resep: Anthony du Plessis

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page