Your Recipe Blog

ANTHEA SE MILJOENêRSKOEK

Recipe by
Cook: 45 minute

ANTHEA SE MILJOENêRSKOEK

  • Beslag:
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • ¼ teelepel sout
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¼ koppie kakao
  • ½ koppie kookwater
  • ½ koppie olie
  • 4 eiers, geskei
  • Stroop:
  • ¾ blik Idealmelk – hou ‘n ¼ koppie eenkant vir die versiersing
  • ½ koppie suiker
  • Versiering:
  • 1 groot sjokolade staaf
  • ¼ koppie Ideal melk

Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ringpan met spray ‘n cook.
Sif meel, sout en bakpoeier saam. Meng die kakao met kookwater tot glad.
Klop suiker en eiergele tot suiker opgelos is. Klop die olie by.
Voeg meelmengsel afwisselend met kakaomengsel by en klop goed.
Klop eierwitte met knippie sout tot styf.
Vou dit by die beslag in met ‘n lepel en skep in die ringpan.
Bak vir 45 minute (koek trek weg van kante).
Ontvorm op ‘n platbord.

Vir die stroop:
Meng Ideal melk en suiker. Kook vir 4 minute. Skep warm oor die koek.

Vir versiering:
Smelt sjokolade met res van Ideal melk en skep bo-op die heeltemal afgekoelde koek.

Resep en foto: Anthea Ernest

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page