ANSI SE QUINOA GEVULDE SKORSIE
- 1 groot skorsie gekook, deksel afgesny en pitte verwyder
- ½ koppie quinoa
- knippie sout
- ½ koppie kookwater
- ¼ soetrissie
- ¼ ui
- bietjie fyn sampioene
- mieliepitte of ertjies
- pink pepperkorrels
- gerasperde kaas, indien verkies
- sout en peper
Maak quinoa gaar met knippie sout en kookwater, stadig gekook tot droog.
Braai apart die soetrissie saam met die uie en fyn sampioene. Voeg die mielies of ertjies by sodra gaar.
Meng met quinoa. Sout en peper na smaak.
Strooi pink pepperkorrels mildelik oor.
Skep in skorsie en strooi gerasperde kaas oor indien verkies.
Sit dekseltjie op en geniet.
Resep en foto: Ansi Pypers Fourie