ANRI SE KONDENSMELKBESKUIT
Heerlike kondensmelk beskuit gebak vandag.
- 1 kg bruismeel
- 250 ml suiker
- 5 ml sout
- 250 g botter
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 blikkie water
Voorhit oond tot 180°C.
Meng droë bestanddele saam.
Vryf die botter in die droë bestanddele in tot mooi ingemeng.
Maak ‘n holte in die mengsel, meng die kondensmelk en water saam en voeg by die meel- en bottermengsel, meng goed tot ‘n lekker elastiese deeg vorm.
Maak bolletjies, plaas styf teen mekaar in ‘n gesmeerde broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.
Haal uit die pan en laat effens afkoel.
Maak bolletjies, plaas styf teen mekaar in ‘n gesmeerde broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.
Haal uit die pan en laat effens afkoel.
Breek in beskuitvingers met ‘n vurk en pak op die oondrak , droog op 90°C tot droog.
Resep en foto: Anri Douglas
Category: