ANNIE SE KOMKOMMER EN GROENBOONTJIE ATJAR
- Kook die volgende saam tot sag:
- 1 rooi en 1 geel soetrissie, fyngesny
- 2 rooi uie
- 3 komkommers, fyn skywe gesny
- 1 rooi brandrissie, pitte verwyder en fyn gesny
- Kook die volgende apart saam:
- 1 kg groenboontjies, grof gesny
- 2 wortels, fyn skywe gesny
- 1 pakkie gedroogde berries
Wanneer die groente sag gekook het, maar nie pap nie, plaas al die groente in ‘n skottel en pak toe met ys.
Laat staan vir 2 ure.
Kook die sous soos volg.
- Sous:
- 4 koppies wit asyn
- 1 koppie asyn ekstra, gemeng met die volgende speserye:
- 2 teelepels borrie
- 8 naeltjies
- 3 kaneelstokkies
- 2 eetlepels mosterd
- 8 heel swart peperkorrels
- 2 teelepels fyn gemmer
- 1 eetlepel Juniper bessies (caraway seeds is ‘n goeie plaasvervanger)
- 1 ½ teelepel sout
- Ekstra:
- 3 eetlepels Maizena
Plaas die 4 koppies asyn in ‘n pot.
Meng al die speserye en kruie met die 1 koppie asyn en voeg by die asyn in die pot.
Kook goed deur ongeveer 5 min.
Voeg die groente by en kook net deur tot alles warm is, ongeveer 5 min.
Maak die Maizena aan met bietjie water en voeg by.
Kook deur tot goed verdik en gaar.
Bottel warm.